Gaan lees gerus op ons skakels vir Google Drive blad, waar u die dokumente kan aflaai
Die OLYFTAK BEGINSEL.
Waarom is ons Bediening se NAAM OLYFTAK?
Ons het uitgestap uit die ”dogma” van Babilon, en ons hardloop met die Waarheid (EMETH) van ABBA VADER YHWH se Totale Soewereine, oorspronklike SKRIF!
OPENBARING 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie
Waarom uitstap op wat Lyk soos ’n Nuwe Pad?
- Josua.24:14 Vrees dan nou YHWH en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien YHWH!
- Vir jare was ons vasgevang in wat mense “godsdiens” noem. Maar HY het ons oogklappe laat afval, ons Nuwe Wyn en Nuwe Olie gegee, en ons streef nou na die WAARHEID!
- Joh 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die WAARHEID, sal Hy julle in die hele waarheid lei;
- As ons ABBA se stem hoor, en die Waarheid soek, sal HY ons leer deur sy RUACH (HEILIGE GEES).
- Waarom die Olyf?
- Romeine 11
17As sommige van die takke afgesny is en jy wat ’n wilde olyfboom is, in hulle plek ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, 18moet jou dan nie teen die takke verhoog nie en as jy jou verhoog; dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou! (PWL VERTALING) - Abba se volk word vir eeue met die geharde, olyfboom vergelyk.
- Jeremiah 11:16 “YHWH het jou die naam gegee: groen olyfboom, skoon deur mooi gevormde vrugte; maar by die geluid van ‘n groot gedruis het Hy ‘n vuur daarteen aangesteek, en sy takke het gebreek. :17 Want die YHWH van die leërskare wat jou geplant het, het onheil teen jou gespreek weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Judah, wat hulle graag gedoen het, om My te terg deur rook te laat opgaan vir Baäl.”
- ZACHARIA 2:11 “En baie nasies sal hulle in dié dag by die YHWH aansluit, en hulle sal My tot ‘n volk wees; en Ek sal in jou midde woon.”
- Wat beteken inent?
- Dit is wanneer mens die tak van ’n wilde Olyfboom (Olienhout) neem en dit skuins afsny en dit styf teen die EGTE OLYFBOOM vasdraai. Ons as „Wilde Olyftakke” word dus Afgesny uit ons „ou” Gewoontes en leefstyl, dogma, en menslike leerstellinge en ingeënt (vasgedraai om deel te word en te groei ) as deel van die Olyfboom, wat die simbool van Israel is! Dan tap ons van die wysheid en insig wat ABBA aan die Hebreeuse wortel gee, se krag en kos en water, om te groei en vrugte te dra! HalleluYAH!
- Openb. 14:12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges (DIE AFGSONDERDES te pas; hier is hulle wat die gebooie van YHWH en die geloof in Jesus Y’shua bewaar.
- Rev 12:17 “And the dragon was enraged with the woman, and he went to fight with the remnant of her seed, those guarding the commands of Elohim and possessing the witness of Messiah.”