Vir elkeen wat nuut op die pad van ons Messias is.
Shalom Vriende en Geliefdes
Welkom ! Dit is ‘n voorreg om hierdie artikel of blog of brief, hoe u dit ookal wil noem, te begin op die splinternuwe WEBWERF van Olyftak Bedieninge! Hierdie skrywe rig ek aan almal wat nuut op hierdie pad van ons Messias Y’Shua is. (Christus Jesus soos in die Grieks.)
U eerste vraag sal seker wees:
Waarom al die nuwe Name? – die Hebreeus maak my deurmekaar!
Dis ‘n baie belangrike punt en seker die mees essensiële in en van die ontdekking van die Nuwe Pad! Kom ek stel dit so: By die ontdekking en openbaring van hierdie nuwe pad vir u, ‘N SKRIFGEBASEERDE LEEFSTYL, is daar ook ‘n nuwe woordeskat wat aangeleer moet wod: Bv: SKRIF liewer as Bybel, ens. Daardie is ‘n ander LES.
Ons oorspronklike SKRIF is vertaal uit die Grondteks van Hebreeus, Grieks en Aramees. Daardie tale is baie ryk, en elke woord het meestal meer as een, (tot 10 en meer) betekenisse. Daarom het die waarde van die oorspronklike woorde en sinne, verlore gegaan. Die destydse gemeentes het meestal uit Hebreeus, Grieks en Aramees sprekende mense bestaan. Ongelukkig is die sogenaamde “Nuwe Testament” (wat ek liewer graag die Goeie Nuus noem.) deur die eeue uit Grieks vertaal, en die spreekteks van ons Messias /Aramees/ Hebreeus het verlore gegaan. HY weet wie HY IS! As ons hom Jesus noem sal HY weet ons praat met HOM. Maar sy oorpronklike Naam is Y’SHUA. ( Ek spel dit so, omdat daar tussen ons die NAAM –beweging is wat Hom graag YAHASHUA, OF YAHSHUA noem.) Dit alles hang af van, of jy die Klinker, klanke kolle en strepe (Vowel points of Nikkud) van die Hebreeuse taal verstaan.
“BYBELSE”of dan Skriftuurlike Hebreeus het destyds nie KLINKERS gehad nie. Ons kan dus met geen sekerheid sê, presies hoe SY NAAM uitgespreek is nie. Ek beroep my op die oorlewering, van mense wat Hebreeus ken, en die meeste Joodse sprekers noem HOM YESHUA. So kom ons volstaan met Y’SHUA MESSIAS (Maschiach) is die Hebreeus vir Christus / of Gesalfde.
Moet asb nie dat al die vreemde woorde, jou verwar en deurmekaar maak nie! Sien jou Nuwe Pad as opwindend en ‘n ware avontuur, waarop jy jou Hebreeuse Identiteit en die grondslag /wortels van ons geloof kan ontdek! HALLELU-YAH! Leef jou lewe met passie vir die SKRIF / WOORD en ontdek elke dag iets nuuts, om te lewe soos HY ons bedoel het om te leef! (En soos die eerste gelowiges ná Messias, wat die mense van DIE WEG genoem is, geleef het.)
Ek sluit met SHALOM, en die Strongs woordeboek vertaling wat beskryf wat SHALOM beteken!
PhIlémon 1:3 “Genade vir julle en vrede ( Shalom) van God onse Vader en die Here Jesus Christus.” (Ou Afrikaanse Vertaling) “…onverdiende guns vir julle en vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegd-heid van God-ons-Vader en van ons Meester, Yeshua, dié Gesalfde Een!” (Pad van Waarheid tot die Lewe Vertaling)
Strongs Dictionary : H7965 שָׁלֹם שָׁלוֹם s
Shâlôm shâlôm shaw-lome’, shaw-lome’ From H7999; safe, that is, (figuratively) well, happy, friendly; also (abstractly) welfare, that is, health, prosperity, peace: – X do, familiar, X fare, favour, + friend, X greet, (good) health, (X perfect, such as be at) peace (-able, -ably), prosper (-ity, -ous), rest, safe (-ly), salute, welfare, (X all is, be) well, X wholly.
Mag HY U SEËN!
Stefanie